Meer oor Ons

Die Sanlam Adviseursforum is in 1992 gestig, kort nadat adviseurs van die destydse Suid-Transvaal streek van Sanlam `n organisasie genaamd ADSA gestig het om as mondstuk vir adviseurs op te tree. In reaksie daarop het Sanlam se bestuur die Sanlam Adviseursforum in die lewe geroep. Na verskeie gesprekke het Adsa besluit om te ontbind en met SAF saam te smelt. Die uitdruklike voorwaarde was egter dat SAF onder geen omstandighede as`n strooipop van Sanlam of `n rubberstempel vir senior bestuur se besluite sal dien nie, maar deurentyd die belange van Sanlam se adviseurs sal dien. Deur die jare was daar oor verskeie aspekte wat van groot belang vir adviseurs was, gesprekke gevoer en tot beide partye se voordeel besluite geneem en in belang van SAF se adviseurs en Sanlam opgetree.

Enige adviseur wat deur Sanlam Persoonlike Finansies gekontrakteer is, kan aansluit as lid van SAF. Lidmaatskap van adviseurs versterk die doel en rede van SAF se bestaan: “Om die belang en voortbestaan van die adviseurs in Sanlam te dien”

© 2009. Sanlam Adviseursforum. Alle regte voorbehou.

[English] [Tuis] [Meer oor Ons] [Forum] [Kontak Ons]

Designed by Equadoor
Webmaster